Nagreis

'n Persiese miniatuurskildery uit die 16de eeu van Mohammed se Nagreis.

Die Nagreis van Isra en Mi'raj (Arabies: الإسراء والمعراج, al-’Isrā’ wal-Mi‘rāj) is ’n reis in twee dele wat die profeet Mohammed volgens die Islam omstreeks 621 n.C. in een nag afgelê het. Dit word beskryf as beide ’n fisieke en geestelike reis.[1] ’n Kort beskrywing van die verhaal kom voor in soera 17 (Al-Isrâ‘, "Die Israeliete") van die Koran,[2] en ander besonderhede uit hadit-geskrifte, versamelings wat vertel van die leringe, dade en mededelings van Mohammed.

In die Isra-deel reis Mohammed op die ros Boerak na die Verre Moskee, waar hy ander profete in gebed lei. Hy vaar dan op na die hemel in die Mi'raj-deel van die reis waarin hy met Allah praat. God gee Mohammed opdrag om aan die gelowiges die besonderhede van gebed te vertel. Die herdenking van dié reis is een van die belangrikste gebeure in die Islamitiese kalender.[3]

  1. Martin, Richard C.; Arjomand, Saïd Amir; Hermansen, Marcia; Tayob, Abdulkader; Davis, Rochelle; Voll, John Obert, reds. (2 Desember 2003). Encyclopedia of Islam and the Muslim World. Macmillan Publishers (VSA). p. 482. ISBN 978-0-02-865603-8.
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named alisra
  3. Bradlow, Khadija (18 Augustus 2007). "A night journey through Jerusalem". Times Online. Besoek op 27 Maart 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search